All Rights Reserved / Alle Regte Voorbehou | Call / Skakel: +27 (0)79 027 7529 | E-mail / E-pos: contactus@fiftyshadesofkhaki.com
COVID-19 Corona Virus Portal / Portaal
Liewe Tugdosie,
Ek het ver oor die waters getrek en sonder om te droom van ‘n verhouding het dinge net skielik gebeur. Ek is nou in’ n verhouding met ‘n semi-moslem man en alhoewel hy oopkop is is daar dinge wat pla as jy my vra. Hoe moet ek vorentoe beweeg as ek en hy mekaar nie heeltemal kan verstaan in die ‘oomblik’ nie, as jy verstaan wat ek bedoel.
Mens kan sekerlik vry in elke taal, maar hoe nou gemaak aan die begin van iets en mekaar in lyftaal beter moet leer ken, wat werk of werk nie in so situasie…? Daar is ook die stort na passie wat my kop laat krap? So die vraag is dan, kan mens vry in elke taal en kan mens ‘n dieper meer bevredigende verhouding met iemand begin wat miskien vir te lank al vry in sy eie taal? Enige advies en’ n ander uitkyk op die situasie sal waardeer word.
Groete,
Anoniem in Istanboel
Liewe Anoniem in Istanboel,
Ek hoor jou, ek voel jou – gee my n dag of wat om hierdie saak in erns te beantwoord. Daar is altyd hoop. En as hoop faal, dan is daar wyn.
Tot later
Tugdosie
_____________________________
Liefste Anoniem in Istanboel,
Jammer vir die lang wag maar ek moes die regte oomblik slaat om terug te skryf. Ek glo dat enige advies of woorde versigtig uitgedeel moet word. Ons kan of saadjies plant wat mooi nuwe blommetjies word, of duwweltjies wat ons kaalvoet stap verfoei. Ek moes nou eers ‘n stil plek kry om in touch te kom met jou Middle Eastern set-up. So, ek het ‘n bietjie Turkse love songs hier op Youtube music gesit om my met die deursnit semi-Moslem lover te kan vereenselwig.
Ai my darling, ek hoor jou roep, hoe nou lekker vry met Google Translate op stand-by?! En die rituele gewas en skrop na passie kan enige boeremeisie laat selfbewus voel. Mens verloor mos ritme so.
Die bietjie wat ek weet van die Turkse tong 😉 , is ook – dat direkte vertalings uiters problematies kan wees, veral in diè konteks. Een verkeerde voorsetsel kan tot groot penarie lei en jou laat skeef loop vir ‘n week. Erg genoeg – enige onvermoè om mekaar lekker te verstaan, hetsy taal of skaam of onsekerheid, kan mens net plein gefrustreerd en onvervuld laat voel. Om jou vraag te be-antwoord gaan ek jou ‘n teenvraag vra. Wat kry jy uit die deal en is dit goed vir jou? As dit vir jou begin voel of jy in jou mooiste self nie gesien of gehoor word nie, is dit langtermyn ongesond vir jou. As die overall ervaring nog goed is vir jou siel en ook jou vrouwees voed, kan jy maar bietjie moeite maak en nuwe tricks probeer.
Die goeie nuus is; ja mens kan in enige taal vry, lyfgebare, oogkontak en ‘n basiese woordeskat kan jou ver laat kom 😉. Jy kan altyd ‘n stukkie pornografie nader trek om hom te help verstaan, maar then again; is pornografie so ‘n verkeerde bron verwysing vir wat vrouens eintlik wil hê. To each his own; solank dit wedersyds aanvaarbaar is, niemand seer kry nie EN kinders en diere uit die prentjie bly. In my ervaring wil meeste vrouens liefdevolle konneksie ervaar.
Ek sidder om te dink wat op die Turkse pornografie spektrum sirkuleer. Daar is pornografie bronne wat meer verteenwoordigend is van regte mense en hulle sekskapades, soos die een geskep deur Cindy Cindy Gallop Haar kanaal het juis ontstaan om ‘n meer realistiese stem te gee aan mense se behoeftes, en doen en late in die slaapkamer. Wat die stort en was seremonie aanbetref; weet ek nie rerig wat om vir jou te se. Dit sal my ook pla. Een van die verlossende sielkundige effekte van seks is dat dit juis ons ‘vuil’ soort van skoon maak. Iemand wil jou nou soen en vat en lek daar op ‘n intieme donker plekkie.
Wat jy gewoonlik moet wegsteek en ‘n skaamte voor aanleer, word nou na gesmag en uitgesoek. So ervaar ons intiemiteit, vryheid en aanvaarding. As ‘n man dan ‘n skropborsel en blouseep nader trek, kan mens nogals afgesit word en selfs dalk seer gemaak voel?
Ek kan net vir jou sê wat jy reeds weet, it’s not you, it’s him, sy kultuur en programming.
So my darling, deur die eeue het mense across cultures liefde en geluk gevind. As die ‘n groot liefde kan wees, moet taal en kultuur wedersyds aangeleer word en verstaan word. Bottomline – wees baie eerlik met jouself oor wat jy rerig wil hê – en of die ding vir jou seermaak of sin maak.
Dominate jou matrix skattebol, jy kan kry wat jy wil hê!
Beste wense
Tugdosie