Die groot O! Nie O-O-O-O -Oros of O vir Oprah nie. ‘O’ vir daai ander lekker ding, pop die fluitjie, blaas die toeter, ‘riel-dans-lekker’, lyf-rippelende orgasmes.
Ons almal het ons eie stories oor hierdie onderwerp en die waarheid is dat dit nie noodwendig net lekker stories is nie.
“In ‘n studie is 7000 mans uit vyf lande gevra watter aspek van hul seksuele lewe vir hulle die heel belangrikste is. Die gemiddelde antwoord was nie die intensiteit, duur, of ‘n ander fase van hul eie belewenis nie, maar of hul maat ‘n orgasme bereik.”
“Mans heg baie waarde aan hul verhoudingsmaats se vermoë om ‘n orgasme te kry,” sê dr. Elna Rudolph, kliniese hoof van die MySexualHealth Kliniek in Pretoria en Kaapstad.
Tog bereik slegs 18% van vroue orgasmes deur middel van penetrasie. So wat nou van die 82% van ons wat ander planne moet maak?
Dit is ‘n heel ander gesprek op sy eie. Ons ken die gewone deuntjie oor foreplay en seks-speelgoed. Daar is mites oor oesters eet en gedroogde wonderpoeiers , om nie eers te praat van die slapdash advies wat tydskrifte uitspu soos pannekoek resepte nie.
Daar is egter net eenvoudig nie een resep vir een persoon wat elke keer werk nie. Dinge wat vandag werk, kan more heel anders voel. Mens se hormoon vlakke wissel, jy sit dalk met bietjie IBS, of voel aaklig oor jouself na jy in Truworths se aantrekkamer jouself mooi bekyk het!
Die waarneming uit die bogenoemde studie; is dat ons menslike behoefte; om mekaar plesier te kan gee, inderdaad baie belangrik is. Nog te meer, dit affekteer ons selfbeeld en verhoudings kwaliteit.
Dan is daar ook ons waargenome magsposisie in ons verhoudings as gevolg hiervan en die kompleksiteite van hoe dit ons verhouding en bande met mekaar be-invloed, mans en vroue gelyk. Daar is soveel cliches ter sprake oor die verkil tussen ‘n seksuele ervaring vir vroue teenoor mans, maar om seks te ontleed op so ‘n een-dimensionele vlak is beide skadelik en vervreemdend.
The war of the sexes – maak dit al veels te lank uit asof mans net iemand met ‘n pols en ‘n knik van die kop nodig het, om dinge aan die kook te kry.
Wetend dat dit so baie vir mans saak maak of ons plesier ontvang of nie, bring ‘n heeltemaal ander senistiwiteit tot die gesprek. Kweek dit nie hoop en waardering om te dink dat dit so baie tel vir mans nie?
Die “daaglikse ervaring van genot is noodsaaklik vir gesondheid en geluk en nié bloot ‘n luukse nie,” sê die Amerikaanse ginekoloog en topverkoperskrywer, dr. Christiane Northrup.
Die probleem wat ons het is wel om die fout te maak om orgasmes te koppel aan hoe goed die seks is – which is not the case.
Seks mag dalk opeindig in die slaapkamer of op die kombuistafel -as jy gelukkig is-, maar dit begin by ander plekke. Hoe ons met mekraar praat, vir mekaar kyk, die sensitiwiteit wat ons toepas om mekaar raak te sien of nie…alles speel ‘n rol.
Die meer belangrike aspek om dalk te onthou, eeerder as tegnieke en posisies, is net hoe ‘n belangrike behoefte dit vir ons almal is. Die begin van iets verander, begin by die bewustheid daarvan, die bereidwilligheid om oop te wees vir nuwe idees en taktvolle kommunikasie. Om te weet jou maat gee regtig om hieroor, maak die deur oop vir jou om jou behoeftes te kan uitspreek.
None of us get out of here alive! Terwyl ons hier is, menswees en vlees, eien dit toe vir jouself om jou lyf te kan geniet en te celebrate. Een ‘O-o-o jaaaa op ‘n slag!