All Rights Reserved / Alle Regte Voorbehou | Call / Skakel: +27 (0)79 027 7529 | E-mail / E-pos: contactus@fiftyshadesofkhaki.com
COVID-19 Corona Virus Portal / Portaal
Hi Tugdosie,
Ek is nou al 2 en n halwe jaar single, waarvan een volle jaar gedeel is met Covid en gesigmaskers en social distancing. In my 40’s is ek nog vêr van koud, dis regtig nou nog moeiliker en daar is so baie dating apps beskikbaar.
Watter een of twee beveel jy aan en hoe skryf n mens jou profile sonder om desperaat en eensaam te klink? Wat is die moets en moenies en waarna moet ek op let?!
Dankie,
Nie desperaat maar definitief geintereseerd.
Karlien, Tblisi
Liewe Warm Patatjie,
Dankie tog Covid het jou nie gebreek of ‘koud’ gemaak nie. Well done!
Een van my favorite skrywers, Carolyn Myss, stel dat ons dikwels verkeerd dink oor wat ‘n GROOT keuse is en wat ‘n klein of minder belangrike een is. Ons dink, WIE ons trou of watter beroep ons kies, MEER belangrik is. Maar sy stel, dat , byvoorbeeld, die keuse om ‘n lewe van integriteit te lewe, of om ‘n openhartige gemoed in te span, ‘n GROTER besluit is.
Ek gaan jou ‘n paar praktiese tips gee oor dating site keuses en jou profiel skryf – maar ek dink dis die minder belangrike keuse en fokus punt.
Loer gou na daai sterk woorde wat jy geskryf het :” Om ‘n man te ontmoet is regtig nou nog moeiliker….”
Ek kan jou eerlik sê, dat ek al dieselfde gevoel het en jou presiese woorde met baie meer kleur uitgespreek het. Dit klink of jy in ‘n redelike ligter luim oor die saak dink ken voel. Ek kan jou eerlike sê dat ek al dik desperaat, eensaam en negatief gevoel het. Ek het al n totale gemoeds-bekakking oor single wees en die soektog na nuwe liefde!
So weet net, ek is nie besig om jou op die vingers te raps nie, ek ken daai plek.
Iemand onmoet haar toekomstige man op ‘n dating site en iemand ontmoet vir Fanie wat haar erfgeld onder haar uitnaai. Alle moontlikhede bestaan. Wat glo jy en dink jy? Want dit gaan jou matrix dominate of ten minste; gesig wys. Wat kan jy gebruik om ‘n redelike konstante, beter gevoel oor die saak te kry?
Kan jy aktief gedagtes en gevoelens kweek oor ‘n makliker vloei en ‘happy endings’ 😉?
Kan jy fokus op die min, maar wonder-bo-wonder sukses stories van mense wat wel weer liefde vind in ongewone omstandighede? Werk van agter af vorentoe; droom watter ervaring jy wil hê en hou daardie gevoel lewendig binne in jou. Voel hoe dit sou voel, asof dit reeds gebeur het. Werk harder daaraan as aan jou profiel teks.
Prakties gewys; soek nader in jou midde, vra die mense om jou wat jou ken om jou bietjie te help. Ons dink die internet is ‘n minder ontblotende weg. Ons voel skaam om die bronne in ons eie gemeenskap te gebruik. Ek dink dis ‘n fout.Waag ‘n bietjie om jou hart oop te maak teenoor mense. Knoop ‘n geselsie aan met die tannie by wie jy elke dag brood koop, jou goeie pelle of famlie. Jy wil ‘n nice man ontmoet. Vra dat; indien hulle kan dink aan iemand binne hul radar, hulle jou moet connect met hom.
Dink ook bietjie uit die boks. Behoort jy aan enige Facebook groepe wat ‘n groter gemeenskap opvang in jou area? Iets soos expat groepe, of aktiwiteits groepe is dalk ‘n beter plek om te soek. As jy ‘n oulike iets raaksien, waag om ‘n flirt te begin op messenger.
Ek weet jy wil nie desperaat of alleen klink nie, maar – get over that. Respekteer en erken jou regte behoeftes. Jy kan jou waardigheid behou in die proses.
Dis omdat ons almal so ‘cool’ probeer lyk oor hoe ‘ok’ ons is op ons eie, dat mens op die ou end na nege Tequilas in die bed spring saam met ‘n grilbal.
Waag eerder om jouself kwesbaar te stel binne jou kringe as op Tinder. Die anonimieiteit en lae aanspreeklikheid van dating apps lewer slegte etiket en ook sommer plein varksige gedrag.
Ek dink die Indiese kultuur het ‘n goeie ding beet as dit kom by mense op-paar. Dit word ‘n hele familie en gemeenskap saak.
Ondersoek watter dating apps beskikbaar is deur ‘n eenvoudige google search van top 5’s, want die goed verander konstant.
Dis nie onmoontlik om ‘n ou gelukkie te tref op so ‘n site nie, maar jy gaan dalk baie paddas moet soen.
Die profiele wat mense skryf op dating apps en sosiale media is in iedergeval meestal ‘n klomp snert. Bitter min kere is die persoon wat jy lees, die persoon wie jy ontmoet. Maar hoe nou gedaan ?! Dis die game van vandag en jy moet hom speel.
My voorstel sal wees dat jy eerlik is oor jou bottomlines; iemand met of sonder kinders, monogamie, soek jy lang termyn of net ‘n plesitertjie vir die Kers-Seisoen?
Gebruik ‘n bietjie humor en gebruik taal wat jou begeertes positief uitdruk bv. “Ek wil naweke lang stappies neem, ‘n bottel wyn uit drink en lekker cuddle en vry met ‘n bietjie Netflix…” Skets ‘n prentjie van hoe jy jou tyd sien uitspeel eerder as groot intimiderende verklarings.
En my liefie! Ons wil almal iemand spesiaal hê. As daar ‘n Mexican-Wave opgeroep moet word van almal wat ook smag na daardie iemand – mog ons ‘n globale aardbewing ervaar.
As daar ‘n fabulous girl soos jy weer single is, is daar ook nog ‘n oulike man wat ook soek. Voorwaarts mars my darling! Hou jou hart oop.
Onthou die groter keuse.
Beste wense
Tugdosie.