Tieties, boobs, kannetjies, borrelende, sagte, bonserige buuste. Die woord verwysings na borste strek van enige iets; vrugte, melkskommel tot persoonlike naamwoorde. Ons gunsteling verwysing is ‘die meisies’. Of hulle hang, of kosmeties is, klein of groot is, ons celebrate ons buuste sommer hierdie hele week.Hoekom? Want ons is redelik gatvol vir virus stories, entstowwe, verdoemenis en somberheid. Wat beter as tieties om die wêreld op te cheer?! Vandag, is dit: “Chuck the bra – maak los die ‘meisies’ ” dag.

Daar is verskeie verklarings oor hoekom mans so gek oor die ‘meisies’ is, dis biologies en/of chemies gemotiveerd. Who cares?! As vrou was ek nogals dankbaar dat dit so min moeite vat om soveel opgewondenheid op te lewer. Vergeet van mascara of lipstick, jy haal hulle net uit of wys ‘n bietjie bons… bitter min dinge het soveel trefkrag.Buuste bewys nou al vir etlike eeue hulle effektiwiteit om mans tot hulle knieë te bring en te inspireer. Die mite bestaan dat Koning Louis XVI, opdrag gegee het om ‘n glas te ontwerp in die vorm van Marie Antoinette se linker bors, vandaar die ontstaan van die klassieke sjampanje glas.

Daar is natuurlik ook die wonderwerk dat die ‘meisies’ kos maak vir pas gebore babas en ons die intieme voorreg gee om ‘n diepe verband met ons kinders te kweek.Soos met alles vandag moet ek net ‘n vrywaring bysit vir die trant wat ons sosiale media gesprek tot gevolg mag hê. Vir diegene wat NIE gesonde diskresie kan toepas nie; respekteer die boob en nog meer die draer. Dit mag net plein lekker wees om bietjie aan hulle te vat, maar reg van toegang word voorbehou, ALTYD! Net omdat ons ‘hulle’ bietjie laat sonlig kry, of mooi op-dollie met kant, beteken dit nie dat die hemel se poorte oop is vir een en almal nie.

Celebrate vrou-wees, met of sonder ‘meisies’, ons onthou ook ons susters wat ge-affekteer word deur borskanker en hou ons harte vas in deernis.Vandag klink ons net eenvoudig ‘n glasie (Marie Antoinette-style), op die draers en die ‘meisies’. Geniet hulle, skud hulle, wees trots op hulle. Onthou, geniet die ligter dinge in die lewe.En so…”Dominate Jy Jou Matrix.” – Tugdosie.