Fifty Shades of Khaki
Welkom by Fifty Shades of Khaki, aanlyn winkel en blogwerf. Unieke produkte en kwaliteit geskenk items, met tong in kies slagspreuke – met ‘n knippie Suid Afrikaanse humor. Die sê-goed is hoofsaaklik gemik om te inspireer en jou lagspiere te prikkel.
Ons leuse: “Dominate Jou Matrix” vang die kern van intensie vas.
Die slagspreuk was ‘n nuutskepping van Tugdosie en Donna Maytricks? Ou skool pelle, toe frenemies, nou ons Fifty Shades of Khaki se duo-bloggers. Tugdosie lei ‘n eeenvoudige bestaan as ‘n swerwende waterwyser en skaapskeerder in die hartjie van die Karoo. Sy word gereeld benader vir insig en advies rondom sake van die hart. Donna is ‘n stadsmeisie wat bemoedigende werkswinkels hou vir vroue om hulle lywe lief te hê en te aanvaar ongeag van vorm of formaat. Ook, om ‘n gesonde en speelse uitdrukking te gee aan hulle seksualiteit.
Skryf gerus aan Tugdosie of Donna vir ‘n bietjie raad of deel jou stories van beproewing en oorwinning met ons. Hoe “Dominate jy Jou Matrix” in hierdie deurmekaar tye?
Niks vulgêrs nie asseblief, hou dinge netjies, geen politiek of haatspraak nie.