All Rights Reserved / Alle Regte Voorbehou | Call / Skakel: +27 (0)79 027 7529 | E-mail / E-pos: contactus@fiftyshadesofkhaki.com
COVID-19 Corona Virus Portal / Portaal
Wie is Tugdosie en Donna Maytricks? Ou skool pelle, toe frenemies, nou ons Fifty Shades of Khaki se duo-bloggers.
Tugdosie lei ‘n eenvoudige bestaan as swerwende waterwyser en seisoenale skaapskeerder. Sy is wel bekend in in die dorre streke van die Karoo en word dikwels beraadslag oor sake van die hart. Dit word berig dat sy al vele akkurate voorspellings gemaak het oor wêreld sake en groot reëns, maar sy skiet dit af as pure bogtery. Tugdosie beywer haarself om oplewe te maak in die gemeenskappe van klein dorpies rondom haar. Sy spandeer meeste aande in bewondering van die Karoo sterrehemel saam met haar troetel llama.
Donna is ‘n stadsmeisie wat bemoedigende werkswinkels hou vir vroue om hulle lywe lief te hê en te aanvaar ongeag van vorm of formaat. Ook, om ‘n gesonde en speelse uitdrukking te gee aan hulle seksualiteit.
Hulle nuutskepping slagspreuk:” Dominate Jou Matrix”, is die kern opsomming van ons lewensuitkyk. Neem verantwoordelikheid vir jou lewe en jou bydrae tot die samelewing. Tugdosie en Donna geniet erkenning as inspirerende figure.
‘n Nuwe era het aangebreek. Globale gebeure vereis dat ons nuwe bronne na vore bring om ons geestesgesondheid te behou. Maak of breek tyd. Let op alles wat jy inneem, na luister, en kyk, let veral op die gesprekke wat jy met jouself het. Skep met jou woorde. Dit is tyd om die leisels vas te vat en jou innerlike Tugdosie op te roep. Rug regop, tieties uit en oë op die horison.
Kweek die regte ingesteldheid, houding en identiteit. Dit gaan oor bewustelike betrokkenheid en kreatiwiteit. Bestuur gesonde perke in al jou verhoudings, veral die een met jouself. Wat die ‘dominating’ gedeelte aanbetref – weet dat Tugdosie kwaad is vir niemand nie. Niemand word ge-bliksem, blameer of benadeel nie. Niemand dra boeie nie. As iets moet aange-strap word, strap-on jou deursettingsvermoë, humor en ‘n can-do mentaliteit.
Let wel, dat Tugdosie en Donna dames is, so niks vulgêrs nie asseblief. Hou dinge netjies, geen politiek of haatspraak nie. Skryf gerus aan Tugdosie of Donna vir ‘n bietjie raad of deel jou stories van beproewing en oorwinning met ons. Hoe “Dominate jy Jou Matrix” in hierdie deurmekaar tye?
Saal-op, span in en klap daai sweep!
Partykeer kom liefde op ‘n bord, so geniet elke happie.
Nog ‘n kooltjie op die vuur …
Hierdie is my lyf en ek love haar.
Die ekstra vlees aan my bo-arms gee momentum aan my roer-vermoë.
Waar daar ‘n rokie trek, …
… trek daar ‘n vuurtjie.





